Akademie

Matric Achiever van die Vrystaatse Onderwys Departement

Jaarliks word 'n matrikulant van 58 skole van die Fezile Dabi distrik genooi om deel te neem aan die 'Matric Achiever of the year'. Verskillende rondtes word gehou. Die eerste uitnodiging behels prestasies in Akademie, Kultuur, Sport, Leierskap en Entrepreneurskap. Die finale uitdunne het op 2 Augustus in Kroonstad tussen die 12 finaliste plaasgevind. Fralize Fouché in Graad 12 is as wenner van die Fezile Dabi distrik aangewys. Dit is die derde jaar in 'n ry wat Parys Hoërskool se leerlinge met die gesogte titel wegstap!
Op 13 Augustus het sy aan die Vrystaat Finaal in Bethelem deelgeneem. Na afloop van die onderhoude en 'n vraesessie is sy aangewys as Vrystaatse Onderwys Departement se Matric Achiever 2011. Daar word gekyk na die veelsydigheid van leerders: akademie, kultuur, gemeenskapsbetrokkenheid en entrepreneurskap ens. Dit is 'n ongelooflike groot prestasie, baie geluk Fralize!

akademie

Top Presteerder in die Vrystaat Provinsie

NSTF (National Science & Technology Forum) gee jaarliks erkenning aan die top presteerders in Wiskunde en Fisiese Wetenskappe lanswyd. Dis vir Hoërskool Parys ’n groot voorreg en eer dat een van sy matrikulante van 2009 naamlik Dieter van der Westhuizen as die top presteerder in die Vrystaat provinsie verkies is. Baie geluk Dieter dit is ’n uitstaande prestasie! Ons is trots op jou!

akademie

Vakkeuses

GRAAD 8 EN 9 (Parallelmedium)

  • Taal , Geletterdheid en Kommunikasie (Afrikaans en Engels)
  • Wiskunde
  • Kuns en Kultuur
  • Ekonomiese Bestuurswetenskap
  • Tegnologie
  • Lewensoriëntering
  • Natuurwetenskappe
  • Sosiale Wetenskappe

 

GRADE 8 & 9 ENG
  • Language, Literacy and Communication (LLC)
  • Mathematics (MLMMS)
  • Arts and Culture (AC)
  • Economic and Management Science (EMS)
  • Technology (TECH)
  • Life Orientation (LO)
  • Natural Science (Ns.)
  • Social Science (SS)

GRAAD 10-12

Verpligte vakke:

  • Afrikaans Huistaal
  • Engels Eerste Addisionele Taal
  • Lewensoriëntering
  • Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid


Keusevakke:

  • Fisiese Wetenskap OF Besigheidstudies OF Toerisme
  • Lewenswetenskappe OF Rekenaarstoepassingstegnologie OF Ingenieurstekene en Ontwerp
  • Rekeningkunde OF Geografie OF Siviele Tegnologie

GRADE 10 ENG

GROUP A
Compulsory Subjects:

  • English Home Language
  • Afrikaans Eerste Addisionele Taal
  • Life Orientation
  • Mathematics or Mathematical Literacy

GROUP B
Optional Subjects (Choose ONE from each category)

1. Physical Science
Business Studies
Tourism

2. Life Science
Computer Application Technology
Engineering Graphics and Design

3. Accounting
Geography
Civil Technology

GRADE 11 ENG

GROUP A
Compulsory Subjects:

  • English Home Language
  • Afrikaans Eerste Addisionele Taal
  • Life Orientation
  • Mathematics or Mathematical Literacy
GROUP B
Optional Subjects (Choose ONE from each category)

1. Physical Science
Business Studies
Tourism

2. Life Science
Computer Application Technology
Engineering Graphics and Design

3. Accounting
Geography
Civil Technology

Matriekuitslae

Jaar Slaag persentasie A simbole Universiteit toelating Diploma toelating Senior sertifikaat Aantal kinders Hoeveel slaag
2011              
2010 97.20% 71 51.40% 33.30% 15.30% 72 70
2009 100% 75 62% 27% 11% 77 77
2008 97.10% 50 61% 35% 3% 70 68
2007 95.50% 47          


Top presteerders:

6 A’s  Santana Pestana:  Afrikaans Huistaal, Engels EAT, Lewenswetenskappe, Lewensoriëntering, Rekeningkunde en Wiskunde

5 A’s  Yolanie Uys:   Afrikaans Huistaal,  Lewenswetenskappe, Lewensoriëntering, Rekeningkunde en Wiskunde

4 A,s   Danelle Odendaal:   Afrikaans Huistaal,  Lewenswetenskappe, Lewensoriëntering, Rekeningkunde

Personeel

• 1 personeellid is 'n senior eksaminator - Vrystaat
• 1 personeellid is 'n nasionale eksaminator vir 2009 tot 2011
• 1 personeellid is 'n senior merker
• 4 personeellede is merkers tydens die Senior Sertifikaat-eksamen

Personeel dien op verskeie akademiese en sportkomitees

skool

Inklusiewe Onderwys

In die "Inclusive Education " program, onder leiding van mevrou Bertha van Zyl, word leerders wat emosionele probleme ervaar, gelei om hulself te help en self te leer om probleme te hanteer. Daar word ongeveer 5 leerders per week gespreek. Leerders word ook gehelp om hul selfbeeld te verbeter en sodoende met 'n ander perspektief na hul probleme te kyk. In die program word daar ook van meneer Arrie Pietersen, sielkundige verbonde aan die Kinderleidingkliniek te Sasolburg Onderwys Distrikkantoor, se dienste gebruik gemaak. LSEN–leerders en ander wat akademiese probleme ondervind, word ook deur mev. B. van Zyl gesien. Vakonderwysers het ook hierdie jaar die swak presteerders ondersteun.

Leesprogram

Die LECTOR -leesprogram wat tans deur ongeveer 200 leerders gevolg word, lewer uitstekende resultate. Daar is oor die algemeen ‘n merkbare verbetering in die gemiddelde prestasie van leerders. Alle graad 8 en 9-leerders, asook geïdentifiseerde leerders uit ander grade, volg die leesprogram in 'n spesiaal-toegeruste rekenaarlokaal.

skool

Olimpiade: Afrikaans – 2010

Danelle Odendaal het 'n 4 de plek in die Vrystaat behaal en 'n tiende plek landswyd met die Afrikaanse Olimpiade terwyl Melissa Cilliers 'n agtste plek in die Vrystaat behaal het.
In 2011 het 5 leerders deelgeneem.

Parys

Olimpiade: Lewenswetenskappe - 2011

Vele leerders uit graad 10 -12 het aan die BIO-Science olimpiade deelgeneem. Die volgende leerders het silwersertifikate verwerf. Graad 12: Melissa Cilliers, Fralize Fouché, Stiaan van Huyssteen. Graad 11: Tanya Smit, Alecia Kleinhans.
Bronssertifikate: Graad 12: Leonie van der Westhuizen. Graad 11: Erika Keulder, Hubré de Klerk, Ruan Fourie, Christené Ribberink. Graad 10: Pieter-Ruan Pieters.

MINQUIZ - 2011

Fralize Fouché, Hanro Kruger en Stiaan van Huyssteen het op 13 Mei in Sasolburg die platinum-afdeling vir die Fezile Dabi-streek gewen in die Minquiz provinsiale Skeinat- en Wiskunde vasvra-kompetisie. As "n mens in ag neem dat hulle teen groot skole in Sasolburg en omgewing deelgeneem het, is hierdie 'n uitmuntende prestasie. Baie geluk!

Olimpiade: Rekeningkunde – 2009

Vier leerders het deelgeneem aan die SAIPA-Rekeningkunde Olimpiade en Dieter van der Westhuizen en Louis Hugo het gekwalifiseer vir die finale rondte.


Nasionale Afrikaans Ekspo -2011

Hierdie jaar het dit besonder goed gegaan met die Afrikaanse Ekspo.

Provinsiaal was daar 67 inskrywings. Van al die inskrywings het 38 meer as 75% ontvang en hulle het dus deurgedring na die nasionale ekspo. Van die ander inskrywings het 10 meer as 70% ontvang. Op nasionale vlak het 26 leerders onderskeidelik twee bronsmedaljes verower, 16 silwermedaljes en 23 goue medaljes.

Die volgende leerders is uitgenooi vir die Nasionale prysuitdeling wat op 17 September 2011 plaasvind: Paula Sehume, Priscilla Sehume, Guillaume de Swardt, Montess Norkee, Fralize Fouché (twee kategorieë) en Dawie Fouché.

parys

Tydens die Nasionale Afrikaanse Ekspo se prysuitdelingsfunksie op Saterdag 17 September 2011 in Pretoria het Hoërskool Parys weggestap as die wenners in die klein skole afdeling. Verlede jaar was die skool tweede. Die volgende leerders is wenners in hul onderskeie kategorie aangekondig:

Dawie Fouché (Koerantplakboeke: spotprente); Paula en Priscilla Sehume (Musiek en liriek: toonsetting); Montess Norkee (Essay); Guillaume de Swardt (Essay en Visuele voorstelling van 'n gedig) en Fralize Fouché (Koerantplakboeke: spotprente; Literêre vertaling asook Drama).
nak

Bethlehem Eskom Ekspo - 2011

Tydens die Bethlehem Eskom Ekspo het Hoërskool Parys se leerlinge weer gewys wat in hulle steek. Die volgende leerlinge het medaljes verower.

Bronsmedalje:  Marlene Louw en Tanya Smit  - The influence of nutrition on peak production Silwermedalje:  Innes Jordaan – The  physics of skate boarding
Goue medalje:  Dawie Fouche en Fralize Fouche – Die korrelasie tussen sosio-ekonomiese status en prestasie van ’n hoërskoolleerder. Hulle is ook aangewys as kategoriewenners en ontvang ’n spesiale prys vir die beste Sosiale Wetenskap taak. Hulle word uitgenooi om aan die nasionale Eskom ekspo gedurende Oktober in Boksburg deel te neem.

parys

Sasol Techno-X - 2011

Die kategoriewenners by die Sasol Techno-X: Marlene Louw en Tanya Smit  - The influence of nutrition on peak production,  Dawie Fouche en Fralize Fouche – Die korrelasie tussen sosio-ekonomiese status en prestasie van ’n hoërskoolleerder,  Innes Jordaan – The  physics of skate boarding.

parys
Parys spog met die Vrystaatse wenner vir 'n spogrok van afvalmateriaal by vanjaar se Techo Ekspo. Die eer het Michelle Spiers te beurt geval. Michelle en drie van haar mede-leerlinge van die Hoërskool Parys het die afgelope weke gespook en gespartel om elkeen 'n rok van afvalmateriaal te maak. Die sakrokke moes aangetrek word en is in Sasolburg beoordeel. Michelle is een van die finaliste wat aangewys is op 18 Augustus en het toe deurgedring na die volgende beoordelingsronde op 19 Augustus. Met haar rok het Michelle 'n eerste plek in die Vrystaat verdien.

Nadine Winter en Melissa Meyer wat aan die kunsafdeling by vanjaar se Techno X Ekspo deelgeneem het, het met hul kunswerke tot die tweede rondte deurgedring. Baie geluk!
parys

Skeinatkonvensie 2011

Tydens die Vrystaatse Skeinatkonvensie wat op 11 en 12 Augustus 2011 in Potchefstroom gehou is, het Innes Jordaan, ‘n gr.10 leerder van Hoërskool Parys, met die silwermedalje en R600 prysgeld weggestap.  Sy projek: “Another one bites the sky:  The physics of skateboarding” het gewys hoe “skateboarding” gebruik kan word om fisika op ‘n interessante manier aan leerders te verduidelik.  Hy het meegeding teen projekte van oor die hele Vrystaat.  Innes baie geluk met hierdie prestasie!

parys  parys