Kontak Besonderhede
 
Telefoonnommer
056-8113472
Skoolhoof
Mnr. L van Zyl
Faksnommer
056-8115191
Adjunkhoof
Mnr. P. Fouché
E-Posadres
Departementshoofde

Mnr. G. Bester
Mnr. H. Malan
Mnr. C. Pieterse (koshuisvader)

Posadres

Posbus 44
Parys
9585

   
       
       
 
Indien u verkies dat ons u terugkontak, voltooi die onderstaande form en kies "Stuur"
Maak asb. seker dal al die besonderhede ingevul is en volg dan die instruksies. Let ook daarop dat die vorm slegs suksesvol sal stuur, indien die rekenaar vanwaar dit gestuur word oor 'n funksionerende E-pos program beskik.
 
Naam* :
Telefoonnommer* :
Faks :
E-pos :
Spesifiseer asb. die aard van u navraag
om terugvoer te vergemaklik.
 
 
KOMITEES VAN BEHEERLIGGAAM 2011
Beheerliggaam:
Voorsitter Mnr. W.S.B. Burger
Ondervoorsitter Mnr. F. Smith
Skoolhoof Mnr. L. van Zyl
Lid Mnr. F. Smith
Lid Mnr. M. Botha
Lid Mev. G.M. Cronje
Lid Mnr. J.P.L. Grimbeek
Lid Mnr. L.W. van der Westhuizen
Onderwyspersoneel Mnr. P.J. Fouché
Mnr. H. Malan
Nie-Onderwys personeel Mev. E.L. Raats
VRL-verteenwoordigers Melissa Cilliers
Francois Smith
   
Uitvoerende Komitee: (Dagbestuur)
Voorsitter Mnr. S. Burger
Ondervoorsitter Mnr. F. Smith
Skoolhoof Mnr. L. Van Zyl
Sekretaris Mev. T. Cronjé
 
Finansies:
Voorsitter Mnr. Hannes Grimbeek
Ondervoorsitter Mnr. Francois Smith
Sekretaris Mnr. Piet Fouché
Addisionele Lid Mnr. Schalk Burger
Addisionele Lid Mnr. Henk Havenga
Gekoöpteerde Lid Mev. Verona van Zyl
 
Fisiese Fasiliteite:
Voorsitter Mnr.S. Burger
Ondervoorsitter Mnr. V. van der Westhuizen
Addisionele Lid Mnr. L. Van Zyl
Addisionele Lid Mnr. B. Smith
Sekretaris Mnr. G Bester
 
Bemarking:
Voorsitter Mnr. H.S. Havenga
Ondervoorsitter Mev. T Cronje
Sekretaris  
Skoolhoof Mnr. L. Van Zyl
Addisionele Lid Mnr.V vd Westh
Addisionele Lid Mnr. H. Grimbeek
Addisionele Lid Mnr. P Fouché
Addisionele Lid Mnr. C Pieterse
Addisionele Lid Mev. M Krüger
 
Leerderaangeleenthede:
Voorsitter Mev. T Cronje
Ondervoorsitter Mnr. M. Botha
Sekretaris Mnr. H. Malan
Addisionele Lid Mnr. H.S. Havenga
Addisionele Lid Mnr. S. Burger
 
Koshuis:
 
Voorsitter Mnr. F. Smith
Ondervoorsitter Mnr. S. Burger
Superintendent Mnr. L. Van Zyl
Sekretaris Mnr. C.P.N. Pieterse
 
Dissiplinêr:
Voorsitter Mnr. M. Botha
Ondervoorsitter Mnr. H.S. Havenga
Addisionele Lid Mnr. F. Smith
Addisionele Lid Mnr. L. van Zyl
Addisionele Lid Mnr. P.J. Fouché
Addisionele Lid Mnr. C.P.N. Pieterse
Addisionele Lid Mnr. H. Malan
Addisionele Lid Mnr. J.G.H. Bester
Addisionele Lid Mev. A.H. van Zyl
Kontak Nr's
Mnr HS Havenga 082 650 4340 henk@parys.co.za
Mnr WSB Burger 082 653 4281 wsbb@vodamail.co.za
Mnr M Botha 082 654 5994 mail@kriwyk.co.za
Mev GM Cronje 082 882 5839 cronjeh@osprey-sa.com
Mnr F Smith 083 630 4674 smithf@capegate.co.za
Mnr JPL Grimbeek 082 456 5049 hannesgrim@mweb.co.za
Mnr LW vd Westhuizen 082 892 4546 vican@parys.co.za
 
“Ma's wat omgee"
Die “Ma’s wat omgee” is ‘n groepie vrywillige Ma’s wat weekliks by die twee skole voorbidding doen vir die leerders en personeel. Indien daar enige Ma’s is wat belangstel om by hierdie spesiale gebedsgroepie aan te sluit kan u gerus vir Petra Pieters, die Bemarker kontak.

Ouervereniging
Die Ouervereniging onder voorsitterskap van mev. Corné Blomerus verseker goeie skakeling en kommunikasie tussen ouerhuis en skool en pak deur die jaar verskeie projekte aan. Hulle het verlede jaar met groot sukses die Glam Gura-aand en Juanita du Plessis aangebied. Indien u as ouer enigsins betrokke wil raak, is u welkom om mev. Blomerus by 083 508 3356 te kontak.

Oueraande
Daar word elke kwartaal op die eerste Dinsdag nadat die assesseringsverslae uitgestuur is, ‘n oueraand gehou. Ons is dankbaar dat die personeel ook op die manier ons ouers en leerders van diens kan wees. Ons doen tog ‘n beroep op alle ouers om hierdie kosbare tydjie af te staan, om ons kinders se belange wat ons almal na aan die hart lê, met vrymoedigheid te kom bespreek.

Ondersteunersklub
Die Ondersteunersklub is ‘n organisasie wat al die afgelope 15 jaar bestaan. Die doel van die Klub is om die Sport Aktiwiteite van die Parys Hoërskool en Laerskool H F Verwoerd in die algemeen te bevorder d.m.v finansiële bystand.
Die skool en ouers het groot waardering vir hierdie diens en ondersteuning wat aan ons leerders gelewer word. Daar word 'n beroep op ouers en sakemanne gedoen om by die Ondersteunersklub aan te sluit of betrokke te raak om sodoende die Ondersteunersklub verder uit te bou in belang van ons leerders.
Die kontakpersoon is Bets Heydenrych sel: 0722196612

VRL
Die Verteenwoordigende Raad van Leerders (VRL) bestaan uit twee lede uit elke klas, ‘n dagbestuur, bestaande uit ‘n president, twee visepresidente, sekretaris, tesourier en twee addisionele lede, waarvan die president en visepresidente ook as verkose lede op die Leerderaangeleenthede komitee van die Beheerliggaam dien.

‘n Suksesvolle opleidingskamp word jaarliks gedurende Februariemaand vir hierdie verkose leerders aangebied waartydens hulle in alle fasette van hul verantwoordelikhede geskool word. Daar word ook tyd ingeruim vir ontspanning en spanbou op die rivier.

Daar word van die VRL verwag om diensdoenend te wees tydens skoolure en skoolaktiwiteite. Daar is tydens ‘n behoeftebepaling in die verlede gevind dat meer senior leerlinge benodig word om dienspunte te beman. Hierdie groep graad 12-leerlinge funksioneer onder die vaandel van die leerlingaangeleenthede subkomitee van die VRL en is baie suksesvol met die uitvoering van hul take.

VRL-vergaderings vind op ‘n tweeweeklikse basis plaas. Kwartaallikse graad- en klasvergaderings word ook deur die VRL behartig. Sosiale aktiwiteite soos bv. die Afrika-dagvieringe word met groot sukses deur die VRL beplan en uitgevoer.

Die VRL is jaarliks betrokke by die bemarking en uitstallings tydens die graad 7-inligtingsaand waar hulle in samewerling met die aktiwiteitshoofde en die bemarker verantwoordelik is vir ʼn uitstekende bemarkingsaksie.

Leiersberaad - 2009
Tien leerlinge uit graad 11 het verlede jaar se leiersberaad in Bloemfontein bygewoon - vergesel deur mev. Bertha van Zyl. Die terugvoering wat ontvang is, bevestig dat ons leerlinge hulle altyd uitstekend van hulle ambassadeurskap kwyt.

Beeld Jeugberaad - 2009
Jaarliks doen leerders aansoek om vir die Beeld Jeugberaad uitgenooi te word. Keuring geskied op grond van veskeie prestasies. Verlede jaar het ons twee suksesvolle kandidate gehad nl. Santana Pestana en Alfred Smit. Baie geluk, ons is trots op julle.