Kultuur
Die skool se kultuurlewe is baie gesond en 'n groot verskeidenheid aktiwiteite word aangebied.
Mnr. en Mej. Hoërskool Parys 2010 Dit was hierdie jaar (2010) die agtste jaar wat ons hierdie spoggeleentheid aangebied het en dit was weer eens ʼn groot sukses op die sosiale kalender. Die deelnemers het op die verhoog geskitter! Ons borge het baie bygedra tot die sukses van die funksie. Elke deelnemer het hom/haar uitstekend van hul taak gekwyt. Hierdie leerders is almal ware ambassadeurs van ons skool. Ons is opreg trots op elkeen en glo dat hulle en hul ouers elke oomblik geniet het en dat hulle waardevolle lewenslesse daaruit geleer het. |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Hierdie funksie geniet die belangstelling van ons sakegemeenskap en dit dra positief by tot die bemarking van die skool en dorp. Vir die tweede keer het ons dan ook van sms’e gebruik gemaak om vir ons finaliste te stem. |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
• Mnr. en Mej. Hoërskool |
• Voortrekkers |
•VCSV |
||
![]() |
![]() |
![]() |
||
Orientering van Patryskuikens: van Patryseiers tot volwaardige ingelyfde Patrysies! |
||||
Loslit Musiekblyspel 2009 Vir die eerste keer ooit het Hoërskool Parys die produksie van ‘n musiekblyspel aangepak – en wat ‘n reuse sukses was dit nie! Vir ‘n hele kwartaal is daar elke dag geoefen, gesing, gedans en woorde geleer. Nuwe talent is ontdek, bestaande talent geslyp en ou talent is afgestof... Ongeveer 110 leerders het aan dié skitterproduksie deelgeneem. Die deelnemers is dit almal eens dat Loslit ‘n onvergeetlike ervaring was waar wonderlike herinneringe gebou is. Die musiekblyspel, Loslit is gebaseer op die fliek “Footloose” – en wat dit so spesiaal gemaak het was die eie unieke weergawe daarvan, wat betrekking gehad het op ons eie plaaslike skool en gemeenskap. Hierdie musiekblyspel was sekerlik een van die grootste hoogtepunte in die skool se geskiedenis. |
||||
|
||||
![]() |
||||
Kunswedstryd – 2011 Ons is trots daarop om soveel werklik talentvolle leerders op die kultuurgebied te hê! In 2011 het hulle weer op die verhoog geskitter tydens die Vaaloewer Afrikaanse Kunswedstryd. Ons leerders het in die voordrag- en letterkunde-afdelings nie minder nie as 12 pronkvere, 6 A+ en 2 A-simbole verower. Dit sluit twee 100% toekennings in. Fralize Fouché het 100% ontvang vir haar afrikaanse selfgeskrewe gedig en Tanya Smit het 100% ontvang vir haar voordrag. Die leerders wat pronkvere (A++) ontvang het is as volg: Claudia Malan, Guillaume de Swardt, Marissa van der Schyff, Henno Pretorius, Dawie Fouché, Anel Keyter, Tanya Smit (2), Chané Mostert en Fralize Fouché (3). Na afloop van die Vaaloewerse Kunswedstryd is Paula Sehume, Danelle Cronje en Fralize Fouché uitgenooi om op te tree tydens die gala-aand op 7 September 2011 te Sasolburg in die Ettienne Rossouw teater. Tydens die geleentheid word die Bobaas-toekennings gemaak vir leerders wat in betrokke kategorieë wenners was. Danelle Cronjé is aangewys as die wenner in die vokale kategorie gr. 8-12. Fralize Fouché is as wenner aangewys in die Letterkunde gr. 8-12 en sy en ‘n ander leerder van Sasolburg Hoërskool is gesamentlik aangewys as die wenners van die Voordrag gr. 8-12. Ons is so trots op julle!! |
||||
Dogterskoor |
||||
Dans en drama |
||||
![]() |
||||
Redenaars - 2011 |
||||
Voortrekkers - 2011 |
||||
| Boomplantdag | ||||
Op 16 September 2011 het ons Boomplantdag gevier en daar is vyf witstinkhoutbome geplant op die skool terrein. Daar is besluit op die witstinkhout omdat die boom van die jaar, die Dooppruim, baie moeilik in Parys sal aard. |
||||
![]() ![]() |
||||
![]() ![]() ![]() |
||||
VCSV Elke Donderdag by Hoërskool Parys word 'n spesiale pouse gehou. Die VCSV – pouse. 'n Spesiale pouse wat langer as normaalweg is, sodat die leerlinge hul Christelike-padkos vir die week kan kry. Die VCSV het dikwels sprekers wat oor probleme praat waarmee leerlinge elke dag gekonfronteer word. Positiewe gesprekke om die leerling te bemagtig met lewensvaardighede, wat nodig is om 'n sukses van hulle lewens te maak word ook gehou. Die VCSV probeer om ten minste een keer 'n jaar saam te kamp. Die kernfokus van die VCSV by Hoërskool Parys is steeds dat ons leerders in 'n lewende verhouding met die Here Jesus Christus wil intrek en hulle verder begelei na geestelike volwassenheid! |
||||
![]() |
||||
| PATRYSKUIKEN GROENTJIE KONSERT
Elke jaar word die Gr 8 orienteringsprogram op ’n hoë noot afgesluit met die Patryskuiken-groentjiekonsert. Hierdie jaar het elke Patryskuiken (Gr 8-leerder) meegedoen aan hierdie konsert en hul rolle met hart en siel vertolk. |
||||
![]() |
![]() |
![]() |
||
![]() |
![]() |
![]() |
||
Skryfkuns Die Letterkundekommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns gee jaarliks aan leerders wat die vorige jaar in graad 10, 11 en 12 was, regoor SA die geleentheid om hul beste letterkunde bydraes in te skryf vir die boekie Poort. Vir die tweede agtereenvolgende jaar is daar van Fralize Fouché se werk in die boekie opgeneem. Hierdie jaar is daar ‘n gedig en prosastuk gekeur. Benewens die prestasie is sy een van slegs 9 leerders in die land wat gekeur is om aan ‘n SLYPSKOOL in Bloemfontein deel te neem op 11 en 12 Julie. Dit word onder andere aangebied deur Christine Barkhuizen le Roux. Parfuum Vlamme brand haar nie *
* Terwyl ek teen die herinneringe veg, ’n man hou my stilswyend dop, Hy sê niks nie. Sy mondhoek krul van uiterse pyn en sy oë blink van ’n verskriklike akkoord – sterre waarmee ek die hemel oop kan knoop.
|
||||