Sport
|
|||||||||||||||||||||||||||||
Rugby Baie geluk aan die volgende spelers wat in die Valkespan ingesluit is: Dawie Fouch (Valke o/16 uitnodigingspan) en Guillaume de Klerk (Valke o/16 uitnodigingspan). Lorens Molifi (Valke o/18 Akademiespan). Drie eerstespanspelers is ook ingesluit in die Vaaldriehoek o/18 Bokkiespan. Baie geluk aan Armand Havenga, Tiaan Dreyer en Johandré Nortman.
Gedurende die seisoen is daar ook gebruik gemaak van ‘n buite afrigter nl. mnr. Len van Riet wat ‘n groot verbetering in die spelpeil van die span te weeg gebring het. Die o.15 span het ook tydens die Aprilvakansie ‘n oefenkamp gehad om hulle voor te berei vir die liga. Die span het ook tot in die kwarteindstryd van die Valke deurgedring waar hulle ongelukkig verloor het.
|
|||||||||||||||||||||||||||||
Karate Charl du Plessis van die plaaslike Budokai-karateklub het op 20 Augustus in Sasolburg tydens die Koshiki Goju-Ryu Verre Noord-Vrystaat karate-kompetisie deelgeneem en het sy Noord-Vrystaat kleure vir karate gekry. Hy is ook gekies vir die SA karate-span. Pieter-Ruann Pieters het ook deelgeneem aan die Noord-Vrystaat karate-kampioenskappe waar hy 'n 2de plek vir kata, 'n 3de plek vir komité en 'n 2de plek vir 'Kick boxing' rondtes behaal het. Pieter-Ruann is ook deel van die SA karate-span.
|
|||||||||||||||||||||||||||||
Die Suid-Afrikaanse kampioenskappe vind in September in Stellenbosch plaas, waarna die Wêreld-kampioenskappe in Oktober in Braamfontein volg! Ons hou vir jou duimvas, Charl en Pieter-Ruann en ons is so trots op julle! |
|||||||||||||||||||||||||||||
| Gevegskuns - 2009 Charl du Plessis verteenwoordig Verre-Noord B- karatespan by die Suid-Afrikaanse Kampioenskap en behaal 1ste plekke in die Kata en Kumite. Dillon Snyman verteenwoordig Verre-Noord A karatespan by die Suid-Afrikaanse Kampioenskap en behaal ‘n 1ste plek in die Kumite en 2de plek in die Kata. Gerhard de Lange neem deel aan die MMA Cage Fighting (Mixed Martial Arts Cage Fighting) Suid-Afrikaanse kampioenskap. Hy behaal ‘n 1ste plek en verteenwoordig die Verre-Noord A skopboksspan by die Suid-Afrikaanse Kampioenskap en word gekies vir die ‘all style” Suid-Afrikaanse skopboksspan. Hy behaal ‘n 2de plek in “rounds”. Lorraine Karsten neem deel aan die MMA Cage Fighting (Mixed Martial Arts Cage Fighting) Suid-Afrikaanse kampioenskap. Sy behaal ‘n 1ste plek en verteenwoordig die Verre-Noord A karatespan by die Suid-Afrikaanse Kampioenskap en word gekies vir die “inter styl” Suid-Afrikaanse Karatespan. Sy behaal drie 1ste plekke in die 1 vir kata, 2 vir kumite. Sy verteenwoordig die Verre-Noord A skopboksspan by die Suid- Afrikaanse Kampioenskap en word gekies vir die ‘all style” Suid-Afrikaanse skopboksspan en behaal ‘n 1ste plek in “rounds”.
|
|||||||||||||||||||||||||||||
CHESS CHAMPS! The sisters, Sea and Tshepang Tlale are to be reckoned with when it comes to chess! On 4 and 5 March Sea participated in the A section of the Emerald Sedibeng Open Tournament. She ranked 3rd (U.18 Girls and Boys Section) and received a bronze medal. Congratulations! The sisters, Sea and Tshepang Tlale are still on the move when it comes to chess! On 14 May they participated in the Sedibeng Championships in the open A section. The sisters faced each other in the final round for the title and this time round Tshepang was defeated by her older sister Sea and was awarded a silver medal (overall), but she was still awarded a gold medal for 1st place in the u/18 age group. Sea was crowned Sedibeng Champion and received a gold medal as well as another gold for being first in the u/20 age group. Congratulations! In the June holidays they participated in the Commonwealth Games held in Emperor's Palace, Johannesburg. It was a mind blowing experience and a great honour to represent SA against 20 other countries. They played in the Open A section wherein the strongest players from all around the world played. Tshepang received the u14 Gold Medal and Seadimo received the u18 Silver Medal. Seadimo and Tshepang played in the Sedibeng Spring Tournament on 10 September 2011. It was held at Laerskool Eligwa in the open A Section. They were paired on top board in the final round. This time Tshepang won and received gold. Sea received bronze. |
|||||||||||||||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||||||||||||||
Tennis Ons het in 2009 ‘n suksesvolle tennisjaar beleef! Die tennisoefengroep se getalle het gestyg tot 24 spelers. Ons afrigter, Manie Booyens, het met sy besondere geaardheid en manier om met kinders te werk, tennis ‘n baie gesogte sport begin maak. Die eerstespanne het albei tweede geëindig in hul onderskeie ligas, wat dit ‘n puik prestasie maak as ‘n mens in ag neem dat ons teen baie groot skole meeding. Drie van ons seuns het in die onder agtien Vaalrivierspan gespeel. Stephan Erasmus was nommer een in die span, Dieter van der Westhuizen nommer drie en Alfred Smit nommer vier. Melissa Taljaard en Corlia Kleinhans is ook in die onder agtien Vaalrivierspan opgeneem terwyl Juané Deale in die onder veertien span opgeneem is. Manie Booyens, ons afrigter het ‘n toer na Ballito gereël waar die spelers baie oefening asook pret gehad het. Van ons tennisspelers was ook bevoorreg om van die beste spelers ter wêreld op die tennisbaan tydens die SA Ope te kon sien speel. Ons tennis is besig om met rasse skrede te ontwikkel en te groei.
Manie het ook ‘n toer na Port Shepstone georganiseer, waar die spelers waardevolle oefening gekry en ondervinding opgedoen het. |
|||||||||||||||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||||||||||||||
Fietsry Johann Pieterse ontvang Noord-Vrystaatkleure vir fietsry as lid van die N.Vrystaatspan o.16. In Augustus het hy ook deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Bergfiets kampioenskappe in Stellenbosch. |
|||||||||||||||||||||||||||||
Roei Die skool se roeiers neem jaarliks deel aan SA Roei-kampioenskappe en verskeie roeiers verteenwoordig Gauteng. Baie geluk aan Wilner de Swardt en Eduan Dippenaar wat baie mooi presteer het by die SA skole Roei-kampioenskap. Eduan Dippenaar het by SA skole roei-kampioenskappe 'n tweede plek behaal in die K4-kragmeting. Na afloop van die kampioenskap is Wilner as een van net vier o/16-seuns in die land gekies vir die SA Kanovaartspan wat tans in Bochum, Duitsland deelneem. Baie geluk met hierdie puik prestasie, roei so voort!
|
|||||||||||||||||||||||||||||
Muurbal : Parys Hoërskool se Muurbal spanne het 'n volslae oorwinning behaal in die 2011 Vaaldriehoek-liga. Die eerste span seuns, tweede span seuns en dogters-muurbalspan het skoonskip gemaak. Wat die prestasie besonders maak is dat die eerste seunsspan in die hele liga van ses wedstryde slegs een stel afgestaan het. Die tweede seunsspan het slegs drie stelle afgestaan en die dogtersspan het geen stel afgestaan nie. Nie een van die spelers eht dus 'n wedstryd in die liga verloor nie.
|
|||||||||||||||||||||||||||||
Die dogtersspan bestaan uit M. du Plessis, C. Ribberink, J. van der Westhuizen en M. van der Walt. |
|||||||||||||||||||||||||||||
Netbal : Tydens die eerste kwartaal 2011 is 'n baie geslaagde netbalkursus aangebied onder leiding van die voormalige Protea-afrigter en tans Cheethas-afrigter, me. Burtha de Kock. Sy is bygestaan deur Anja Opperman – beste speler op die Nasionale Netballiga in 2010 – wat doele touwys gemaak, asook Karin Venter – 'n voormalige Protea verdediger en kaptein.
Verskeie vriendskaplike wedstryde is gespeel en ons het ook aan die aandreeks wat deur Hoërskool Vanderbijlpark aangebied is, deelgeneem. Na afloop van die Vaalrivier netbalproewe is die volgende 5 eerstespan-dogters in die span ingesluit: Maryna van der Walt, Lounuél de Ponte, Isabel Schlebusch, Menanté Joubert en Dandie Joone. Baie geluk, julle is soos blitse op die baan! Die o/14, 15 en 16-netbalspeelsters het gedurende die Aprilvakansie 'n baie geslaagde netbaltoer na Hammanskraal onderneem waar hulle afgerig is deur Tukkies onder leiding van Jenny van Dyk. Hulle het baie geleer en hierdie kennis is met vrug toegepas tydens die liga-wedstryde wat in die tweede kwartaal plaasgevind het. Die eerste span het 'n oefenkamp bygewoon, wat deur mev. Alta van Wyk, hulle afrigter gereël is. AKSIE-NETBAL
|
|||||||||||||||||||||||||||||
Luggeweerskiet In die eerste kwartaal was daar 12 aktiewe skuts by die skool en hulle het alreeds by twee geleenthede hul staal gewys. By Liga 1 wat in Vanderbijlpark gehou is, het die volgende skuts goed geskiet: 3P-Veerklas – Reynard van der Walt (4de), Louis Taljaard (10de), Wynand Henery (5de), Wasseem Yacoob (4de), Isak Barnard (2de), Arnold Cilliers (1ste) en Dirk Naudé (1ste – 0.20). |
|||||||||||||||||||||||||||||
Tydens die OVL Prysuitdelingsfunksie op 20 Augustus is die volgnede skuts opgeneem in Oranje Vaal Provinsiale span wat op 30 Sept en 1 Oktober aan die SA Ope Kampioenskappe gaan deelneem: Philip Holtzhuizen: Brons medalje 10 m Sporterklas |
|||||||||||||||||||||||||||||
Sport Atletiek Die kleuresport en Parys Hoërskole Byeenkoms is suksesvol afgehandel en vele atlete het aan die Metsimaholo byeenkoms op die Sasolburgstadion deelgeneem.
|
|||||||||||||||||||||||||||||
Krieket In 2010 het die Eerste span deur gedring na die Valke Semi-finaal. Die o/15 span wen die Vaaldriehoek Liga in die C-kring).
|
|||||||||||||||||||||||||||||
Gholf In 2008 is een span ingeskryf in die Vaaldriehoek-liga. Parys eindig in die tweede plek. Stephan Erasmus en Wiehann Sieberhagen is in die Vaaldriehoek Gholfspan ingesluit. In 2009 is Stephan Erasmus en Wiehann Sieberhagen in die Vaaldriehoek Gholfspan ingesluit wat vanaf 23 September tot 25 September in die Noordvaal gholftoernooi gespeel het. Die Vaaldriehoek eindig sesde in die spankompetisie. Wiehann eindig vierde en Stephan vyfde in die Vaaldriehoekspan gedurende die toernooi. Stephan het verder in die Vrystaat-Noordkaap Gholfstigtingspan gespeel die jaar. |
|||||||||||||||||||||||||||||
Kushengel Jaco Deale verwerf in 2008 Gauteng- Noord-Kushengel kleure, en verteenwoordig die provinsie by die Suid-Afrikaanse nasionale kampioenskap. Hy is ook die nr. 2 0/21 hengelaar in die provinsie. Jaco is ook reeds gekies vir Gauteng-Noord-Kushengelspan wat volgende jaar in Januarie aan die Suid-Afrikaanse kompetisie gaan deelneem. In 2009 is Jaco Deale gekies vir Noord-Gauteng Kushengelspan. Hy neem deel aan die Suid- Afrikaanse kompetisie en word gekies vir die SA Binnelandse span. Hy word ook aangewys as die beste hengelaar in sy klub |
|||||||||||||||||||||||||||||
Marathon Die agtste PARYS RIVER JOL is suksesvol aangebied op 10 Oktober 2009. Meer as 470 atlete het deelgeneem aan die 25 km, 10 km en die 4.5 km pretstap
|
|||||||||||||||||||||||||||||